Monday, August 23, 2010

Kloning tot voordeel van ons lewe

Kloning

Wat is kloning...?

Die onnatuurlike vermenigvuldiging van identiese organismes deur middel van proefbuis-tegnologie. Dit is lankal nie meer ’n nuwe konsep in die wetenskaplike wêreld nie. Kloning is wanneer daar geneties identiese kopieë van n organisme gemaak word d.w.s die DNA is presies dieselfde.


Dit is deel van biotegnologie waar biologiese prosesse gebruik en aangepas word om aan menslike behoeftes te voldoen.


Om weefsel te kloon beteken dat n populasie van selle moet ontstaan uit een sel.


Daar word nie net weefsel gekloon nie maar daar word mense, diere en selfs plante gekloon.


Hierdie is n vb. van wanneer mense gekloon word.

Die kloning van weefsel kan ook n voordeel wees vir n mens. Indien jy nie kinders kan kry nie dan is dit moontlik dat jy deur kloning n baba kan kry. Daar kan ook diere wat besig is om uit te sterf gekloon word om te verhoed dat hulle uitsterf. Mense wat siektes het bv. kanker, kan genees word deur die weefsel te vervang wat kanker in het met gekloonde weefsel. Indien n persoon n ernstige wond opdoen kan daar weefsel gekloon word om dit te herstel.

Die ysbeer is `n voorbeeld van `n dier wat hulle wil begin kloon a.g.v. uitsterwing:


So wit soos die sneeu loop die alfa roofdier van die Noordpool rond opsoek na iets om aan te eet. Die bekende ysbeer ook bekend as die Ursus maritimus.


Die ysbeer is `n beerspesie wat in die Noordpool voorkom en wat die alfa roofdier is. Sy vet en dik pels beskerm hom teen die koue. Die pels is wit wat hom kamoefleer teen sy prooi. Die beer het 'n kort stert en klein ore wat help om hitte verlies te verminder en 'n relatiewe klein kop en 'n lang, keëlvormige liggaam wat dit makliker maak om te swem. Die ysbeer is aangepas vir land, water en ys sodat hy sy kos kan vang.




Grootte en gewig
`n Volwasse manlike ysbeer weeg 300-600 kg en is 2.4-2.6 m in lengte. 'n Volwasse wyfie is rofweg die helfte so groot as 'n mannetjie en weeg normaalweg 150-300 kg en word 1.9-2.1 m lank.




Pels
Die ysbeer het `n wit pels wat help met kamoeflering. In teenstelling met ander Arktiese diere, verhaar die ysbeer nie in die somer nie. Die dik pels dien wel as 'n buffer teen die hitte, sowel as die koue, en help om die bere koel te hou in warmer temperature, aangesien 'n ysbeer oorverhit teen temperature bo 10 °C (50 °F)


Voedsel
Die ysbeer eet enige iets wat hy kan vang, van robbe tot voëls. Voorbeelde: knaagdiere, skulpdiere, krappe, beloegas (ook genaamd witwalvisse), jong walrusse, somtyds muskos-osse of rendiere en, in uiterste situasies, ander ysbere.


Bevolking
Die algemene leeftyd vir ysbere is 25 jaar. Die bevolking van 20,000-25,000 ysbere is besig om af te neem. In Februarie 2005 het die omgewingsbewuste groep Center for Biological Diversity met die hulp van die United Fish and Wildlife Service (FWS)die ysbeer verklaar as `n bedreigde spesie.


Die ysbeer in sy habitat

Ek sal sê dat kloning reg is indien jy dit vir die regte redes doen.